Leviticus 13:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die priester daarna kyk, en kyk, as die hare op die helder vlek wit geword het en dit dieper as die vel in sig is; dit is melaatsheid wat uit die brand gebreek is; daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet die priester dit ondersoek. As die hare op die aangetaste deel wit word en die probleem lyk na meer as net veldiep, het daar ’n aansteeklike velsiekte ontstaan in die brandwond. Die priester moet dan die persoon onrein verklaar, want dit is duidelik ’n aansteeklike velsiekte. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid. |
| Afrikaans 1983 | moet die priester die plek ondersoek. As die hare op die seer wit geword het en die seer lyk dieper as die vel, het deur die brandwond 'n velsiekte ontstaan waardeur die persoon onrein gemaak word. Die priester moet die persoon onrein verklaar. Hy het 'n velsiekte wat hom onrein maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die priester ondersoek dit en vind dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit lyk dieper as die vel, is dit velsiekte wat in die brandplek uitslaan. Die priester moet hom onrein verklaar. Dit is 'n geval van velsiekte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet die priester na die seerplek kyk. As die hare op die seerplek wit geword het, en as die seerplek lyk of dit dieper is as die vel, dan het die brandplek melaats geword. Die priester moet sê die persoon is onrein, want hy is melaats. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet die dienaar dit ondersoek. As die hare in die roof ’n ander kleur gekry het en dit is dieper as die vel, het daar kwaad in die brandwond gekom. Die dienaar moet hom dan wegstuur. Hy het ’n kwaadaardige velsiekte. |