Leviticus 13:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as die priester dit sien en kyk, daar is geen wit hare daarin nie, en as dit nie laer as die vel is nie, maar ietwat donker is; dan moet die priester hom sewe dae lank toesluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die priester sien daar is geen wit hare op die aangetaste deel nie, en as dit nie lyk na iets meer as net veldiep nie en dat die ontsteking aan die opklaar is, moet die priester die persoon vir sewe dae onder kwarantyn sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit. |
| Afrikaans 1983 | “Maar as die priester die plek ondersoek en sien dat die hare daarop nie wit geword het nie, dat die kwaad nie onder die vel is nie en dat die ontsteking opgeklaar het, moet die priester die persoon 'n week lank afsonder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as die priester dit ondersoek en vind dat daar geen wit hare op is nie, dat dit nie onder die vel is nie en dat dit dof geword het, moet die priester hom sewe dae lank afsonder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as die priester sien dat die hare op die plek nie wit is nie en dat die seerplek nie dieper is as die vel nie en dat dit dof geword het, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy daarna kyk en hy sien nie hare wat verkleur het of iets wat onder die vel ingaan nie, maar dat die hare ligter geword het, moet hy die man vir sewe dae afsonder. |