Leviticus 13:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die priester dit sien, kyk, dit is laer as die vel in sig, en die hare daarvan het wit geword; die priester moet hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid wat uit die sweer uitgebreek is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die priester bevind dat die siekte meer as net veldiep is, en as die hare op die aangetaste deel wit geword het, moet die priester so ’n persoon onrein verklaar. Dit is dan ’n aansteeklike velsiekte wat ontstaan het uit die sweer. |
| Afrikaans 1933/1953 | As die priester sien dat dit dieper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek. |
| Afrikaans 1983 | Die priester moet dit ondersoek. As dit lyk of die kwaad onder die vel is en die hare daarop het wit geword, moet die priester die persoon onrein verklaar. Deur die verswering het daar 'n velsiekte ontstaan wat hom onrein maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die priester dit ondersoek en vind dit lê onder die vel en die hare daarop het wit geword, moet die priester hom onrein verklaar. Dit is 'n geval van velsiekte wat in die sweer uitslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die priester sien dat die seerplek dieper is as die vel en dat die hare daarop wit geword het, dan moet die priester sê dat die persoon onrein is. Die seerplek het melaats geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As dit vir die dienaar lyk of dit onder die vel ingaan en die hare op daardie plek verkleur het, moet hy die man wegstuur. ’n Kwaadaardige velsiekte het in die seer ontstaan. |