Leviticus 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer 'n man in die vel van sy vlees 'n opkoms, 'n skurfte of 'n blink vlek het, en dit in die vel van sy vlees is soos die plaag van melaatsheid; dan moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word.
Afrikaans (NLV) 2011 “As iemand ’n swelsel, ’n uitslag of ’n seer plek op sy vel het wat ontwikkel in ’n aansteeklike velsiekte, moet hy na die priester Aäron of een van sy seuns gebring word.
Afrikaans 1933/1953 As 'n mens in die vel van sy vlees 'n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees 'n plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
Afrikaans 1983 “Wanneer iemand êrens aan sy lyf 'n swelsel of 'n uitslag of 'n seer het wat dalk kan ontwikkel in 'n velsiekte wat hom onrein kan maak, moet hy na Aäron of een van die Aäronitiese priesters toe gebring word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer iemand 'n swelsel of skurwe plek of ligte vlek op sy vel het wat velsiekte kan word, moet hy na Aäron, die hoëpriester, of na een van sy seuns, die priesters, gebring word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daar is miskien op iemand se vel 'n plek wat begin swel, of daar is 'n skurwe plek of 'n vlek op sy vel. As dit lyk of die seerplek miskien melaats is, dan moet sy mense hom bring na die priester Aäron of na een van Aäron se seuns, een van die priesters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Man wat op sy vel ’n vlek, of ’n skurfte of ’n uitslag het wat in ’n kwaadaardige velsiekte kan oorgaan, moet na Aäron by die tent van die Here, of een van sy seuns wat daar werk, gebring word.