Leviticus 13:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die plek van die sweer is daar 'n wit opkoms of 'n helder vlek, wit en ietwat rooierig, en dit word aan die priester gewys;
Afrikaans (NLV) 2011 maar daar bly ’n wit swelsel of ’n rooierige wit kol oor, moet die persoon na die priester gaan om ondersoek te word.
Afrikaans 1933/1953 maar in die plek van die sweer 'n wit swelsel of 'n rooierige wit vlek kom, moet hy hom aan die priester vertoon.
Afrikaans 1983 en waar die verswering was, kom daar 'n wit swelsel of 'n rooierige seer, moet dit aan die priester gewys word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en in die plek van die sweer ontstaan 'n wit swelsel of 'n bleekrooi ligte vlek, moet hy hom aan die priester gaan toon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en dan begin dit weer swel en dit is wit waar die seerplek was, of die seerplek word miskien pienk. Dan moet die persoon dit vir die priester gaan wys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en daar kom dan ’n wit roof of rooierige vlek op die plek waar die seer was, moet hy dit vir die dienaar by die tent waar die Here gedien word, gaan wys.