Leviticus 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is 'n ou melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar en hom nie opsluit nie, want hy is onrein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | is dit duidelik ’n aansteeklike velsiekte en moet die priester so ’n persoon onrein verklaar. In sulke gevalle hoef die persoon nie onder kwarantyn geplaas te word vir verdere observasie nie, want dit is duidelik dat die vel onrein is as gevolg van die siekte. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan is dit 'n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is onrein. |
| Afrikaans 1983 | het die persoon alreeds 'n velsiekte wat hom onrein maak. Die priester moet die persoon onrein verklaar. Die priester hoef die persoon nie vir 'n tyd af te sonder nie, want hy is klaar onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | is die siekte gevestig in sy vel. Die priester moet hom onrein verklaar en hom nie afsonder nie, want hy is onrein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan is die seerplek melaats. Die priester moet dan sê dat die persoon onrein is. Hy moet hom nie toesluit nie, want hy weet die persoon is onrein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | is dit ’n chroniese velsiekte. Die dienaar moet hom dan wegstuur uit die gemeenskap uit. Hy hoef nie vir ’n tyd eenkant te bly nie, want dit is duidelik dat hy nie langer tussen ander mense kan bly nie. |