Leviticus 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as sy nie 'n lam kan bring nie, moet sy twee skilpaaie of twee jong duiwe bring; die een as brandoffer en die ander as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen, en sy sal rein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As die vrou nie kan bekostig om ’n lam te bring nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe bring. Een is bedoel vir die brandoffer en die ander een vir die reinigingsoffer. Die priester sal hulle offer en so vir haar versoening doen en sy sal weer rein wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as sy 'n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees. |
| Afrikaans 1983 | As sy nie 'n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring, die een as brandoffer en die ander as sondeoffer, sodat die priester vir haar versoening kan doen en sy rein kan wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘As sy egter nie 'n skaap kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem: een as 'n brandoffer en een as 'n reinigingsoffer. Die priester sal dan vir haar versoening doen en sy sal rein wees.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As sy nie 'n skaap kan bring nie, dan moet sy twee tortelduiwe of twee makduiwe bring. Die een duif is 'n brand-offer en die ander duif is 'n sonde-offer. So moet die priester versoening doen vir haar en sê dat sy weer rein is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As sy nie genoeg geld het vir ’n lam nie, mag sy twee duiwe of tortelduiwe gebruik, die een vir ’n offer wat op die altaar verbrand word en die ander een vir ’n offer wat sy vir die sondeskuld bring. Die werker by die Here se tent sal dit gebruik om haar posisie te herstel sodat sy weer tussen die ander mense opgeneem kan word.” |