Leviticus 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat dit voor die aangesig van die HERE sal bring en vir haar versoening doen; en sy sal gereinig word van die vloeiing van haar bloed. Dit is die wet vir haar wat 'n man of 'n vrou gebore het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal dit dan vir die Here offer en ook versoening vir haar doen. Dan sal sy weer rein wees ná die bloed wat met die geboorte gevloei het. Dit is die instruksies wat gevolg moet word ná die geboorte van ’n seun of ’n dogter. |
| Afrikaans 1933/1953 | die moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van 'n seun of 'n dogter. |
| Afrikaans 1983 | Hy moet dit dan aan die Here offer en vir haar versoening doen. Dan sal sy rein wees van die bloedvloeiing wat sy gehad het. Hierdie wet is van toepassing op enige vrou wat 'n kind in die wêreld bring, of dit nou 'n seun is of 'n dogter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet dit voor die Here naderbring om vir haar versoening te doen en dan sal sy gereinig wees van die vloei van haar bloed. Dit is die voorskrif vir 'n vrou wat geboorte skenk, of dit nou aan 'n seun of 'n dogter is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet dan die lam en die duif offer vir die Here. So moet hy versoening doen vir die vrou. Daarna is sy rein nadat sy opgehou het om te bloei. Dit is wat moet gebeur met 'n vrou wat 'n baba kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy offer dit dan voor die Here en maak haar weer aanvaarbaar vir God. Sy word dan weer tussen die ander mense toegelaat. Dit is die reël wat gevolg moet word wanneer ’n vrou ’n baba gehad het, of dit nou ’n seun of ’n dogter was. |