Leviticus 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as sy 'n diensmeisie baar, dan sal sy twee weke lank onrein wees soos in haar skeiding; en sy moet in die bloed van haar reiniging ses en sestig dae lank bly.
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n vrou geboorte skenk aan ’n dogter sal sy vir twee weke lank onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Daarna moet die vrou vir nog 66 dae wag totdat sy na die geboorte opgehou het om te bloei.
Afrikaans 1933/1953 Maar as sy 'n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses en sestig dae in die reinigingsbloed bly.
Afrikaans 1983 As sy 'n dogter in die wêreld bring, is sy onrein soos wanneer sy menstrueer, maar twee weke lank. Dan moet sy nog ses en sestig dae wag om seker te wees dat daar geen bloedvloeiing meer is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As sy aan 'n dogter geboorte skenk, sal sy twee weke lank onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Ses-en-sestig dae lank moet sy vanweë die bloeding vir reiniging tuis bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “As sy 'n dogter kry, dan sal sy twee weke lank onrein wees soos wanneer sy menstrueer. Sy moet 66 dae lank wag om heeltemal rein te word, wanneer sy opgehou het om te bloei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit ’n dogtertjie was, moet sy veertien dae lank nie tussen die ander mense kom nie. Die verdere tyd wat sy by die huis moet bly, is 66 dae.