Leviticus 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy moet dan drie en dertig dae in die bloed van haar reiniging bly; sy mag geen heiligdom aanraak nie en in die heiligdom kom nie, totdat die dae van haar reiniging vervul is.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna moet die vrou vir nog 33 dae wag totdat sy ophou bloei ná die geboorte. Gedurende die tyd van suiwering mag sy aan niks raak wat heilig is nie. Sy mag ook nie na die heiligdom toe gaan totdat die tyd van suiwering verby is nie.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet sy drie en dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.
Afrikaans 1983 Daarna moet sy nog drie en dertig dae wag om seker te wees dat die bloedvloeiing opklaar. Voordat dié tydperk om is, mag sy aan niks raak wat gewyd is nie en ook nie in die heiligdom ingaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Drie-en-dertig dae lank moet sy vanweë die bloeding vir reiniging tuis bly. Totdat die dae van haar reiniging verby is, mag sy nie aan enigiets wat heilig is, raak nie en mag sy glad nie na die heiligdom gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer sy opgehou het om te bloei, dan moet sy nog 33 dae lank wag om heeltemal rein te word. In hierdie tyd mag sy nie raak aan iets wat gewyd is nie en sy mag nie in die gewyde plek kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna volg nog ’n verdere tyd van 33 dae. Totdat daardie tyd verby is, mag sy aan niks vat wat vir die Here eenkant gesit is nie. Sy mag ook nie na die tent toe gaan waar Ek aanbid word nie.