Leviticus 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n vrou swanger geword het en 'n man gebore het, dan sal sy sewe dae lank onrein wees; volgens die dae van die skeiding vanweë haar krankheid moet sy onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ’n vrou swanger word en geboorte skenk aan ’n seun, sal sy vir sewe dae onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n vrou swanger word en 'n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir die Israeliete: Wanneer 'n vrou 'n seun in die wêreld bring, is sy onrein, soos wanneer sy menstrueer, 'n week lank. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Praat met die Israeliete en sê, ‘Wanneer 'n vrou swanger is en aan 'n seun geboorte gee, sal sy sewe dae lank •onrein wees. Sy sal onrein wees soos gedurende haar menstruasie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer 'n vrou swanger word en sy kry 'n seun, dan sal sy sewe dae lank onrein wees. Dit sal wees soos wanneer sy menstrueer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir die Israeliete: Wanneer ’n vrou ’n baba verwag en ’n seun in die wêreld bring, mag sy vir ’n week lank nie by my tent kom nie. Dit is net soos wanneer sy menstrueer en haarself vir sewe dae eenkant moet hou. |