Leviticus 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die varke, al het hy die kloue verdeel en gesplete, nog herkou hy nie; hy is vir jou onrein.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Vark mag ook nie geëet word nie, want al het dit gesplete hoewe, herkou ’n vark nie.
Afrikaans 1933/1953 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle.
Afrikaans 1983 'n Vark het weer volledig gesplete kloue, maar hy herkou nie. Hy is vir julle dus 'n onrein dier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Varke, want hulle het volledig gesplete hoewe, maar hulle herkou nie – hulle is beslis vir julle onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Varke het gesplete hoewe, maar hulle herkou nie. Hulle is onrein vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Vark het weer opsigtelik gesplete hoewe, maar hy herkou nie. Daarom mag julle nie sy vleis eet nie.