Leviticus 11:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die wet van die diere en van die voëls en van al die lewende wesens wat in die waters beweeg, en van al die wesens wat op die aarde kruip:
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is die instruksies wat geld vir die diere op land, die voëls en al die lewende wesens wat in water lewe of wat op die grond kruip.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,
Afrikaans 1983 “Dit is dan die reëling wat betrekking het op diere en voëls en op alles wat in water lewe en wat op die grond beweeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Dit is die voorskrifte oor die diere en voëls en al die lewende wesens wat in die waters wemel en al die lewende wesens wat op die grond krioel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die wette oor diere en voëls en oor alles wat in die water lewe en oor al die baie klein diertjies op die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hierdie is die voorskrifte oor die diere en die voëls en alles wat in die water lewe en op die aarde woon.