Leviticus 11:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle mag julleself nie gruwel maak deur enige kruipende dier wat kruip nie, en julle mag julle ook nie daarmee verontreinig om daardeur verontreinig te word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie jouself onrein maak deur aan sulke diere te raak nie.
Afrikaans 1933/1953 Moenie julle self 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
Afrikaans 1983 Julle moet julle nie besoedel met een van dié diere dat julle onrein word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet julleself nie deur enige van hierdie kruipende diere afstootlik maak nie. Julle mag julle nie met hulle verontreinig en daardeur onrein word nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie aan een van die diertjies raak nie, want dan sal julle onrein word, en dan mag niemand anders aan julle raak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie julleself afstootlik maak deur enige van hierdie diere te eet nie. Moenie toelaat dat hulle maak dat Ek nie meer iets met julle te doen wil hê nie.