Leviticus 11:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles wat op die maag gaan, en alles wat op al vier loop, of enigiets wat meer voete het onder al die kruipende diere wat op die aarde kruip, dit mag julle nie eet nie; want hulle is 'n gruwel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sluit alle diere in wat op hulle pens seil, en ook vierpotige diere en ook diere met baie pote. Al hierdie soort diere is verwerplik vir julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel. |
| Afrikaans 1983 | of hulle nou seil of op vier pote loop of baie pote het, julle mag nie een van hulle eet nie, want dit is verbode. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van alles wat op die pens seil, van alles wat op vier pote beweeg – ook dié wat baie pote het – ja, van alles wat op die grond kruip, mag julle nie eet nie, want hulle is beslis vir julle afstootlik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag nie raak aan die diertjies wat op hulle pens seil of wat op pote loop of wat baie pote het nie. Julle mag nie raak aan een van al hierdie baie diertjies nie, julle mag hulle nie eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Enigiets wat op sy maag oor die grond seil, of op vier pote kruip of baie pote het, moenie geëet word nie, want Ek verbied dit. |