Leviticus 11:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat van die aas daarvan eet, moet sy klere was en tot die aand toe onrein wees; ook hy wat die aas dra, moet sy klere was en tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy van sy vleis eet of die karkas wegdra, moet jy jou klere was. Dan sal jy onrein bly tot die aand toe.
Afrikaans 1933/1953 en hy wat van die aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat die aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
Afrikaans 1983 As iemand van die dooie dier se vleis eet of die karkas dra, moet hy sy klere was, maar self is hy die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand wat van die karkas eet, moet sy klere was. Hy sal onrein wees tot die aand. En iemand wat die karkas gedra het, moet ook sy klere was. Hy sal onrein wees tot die aand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat vleis van die dooie dier eet of wat die dooie dier optel, moet hulle klere was en hulle sal onrein wees tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat van die dooie dier se vleis eet, moet sy klere gaan was. Hy mag ook nie vir die res van die dag by my tent kom nie. Iemand wat die karkas van ’n dier wegvat, moet ook sy klere gaan was en tot aan die einde van die dag van my tent wegbly.