Leviticus 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit mag julle nie eet van die wat herkou of van die wat kloue verdeel nie: soos 'n kameel, omdat hy herkou, maar die kloue nie verdeel nie; hy is vir julle onrein.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die volgende diere wat hier genoem word, mag julle nie eet nie omdat hulle óf gesplete hoewe het óf herkou, maar nie albei nie. Die kameel mag nie geëet word nie, want al herkou die dier, het hy nie gesplete hoewe nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;
Afrikaans 1983 Maar dié wat net herkou of net gesplete kloue het, mag julle nie eet nie. Dit geld vir die kameel, want, alhoewel die dier herkou, het hy nie gesplete kloue nie. Julle moet hom dus as onrein beskou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Die volgende diere wat herkou of wat gesplete hoewe het, mag julle egter nie eet nie: “ ‘Kamele, want hulle herkou maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle •onrein;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [4-6] Daar is ook diere wat herkou maar wat nie gesplete hoewe het nie. Julle mag hulle nie eet nie, hulle is onrein vir julle. Dit is kamele, dassies en hase.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle mag nie diere eet wat net herkou of net gesplete hoewe het nie. So mag julle nie ’n kameel se vleis eet nie, want hy herkou wel, maar hy het nie gesplete hoewe nie.