Leviticus 11:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as enige dier waarvan julle mag eet, sterf; hy wat aan sy aas raak, sal tot die aand toe onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As ’n dier wat julle mag eet, vanself vrek en iemand raak aan sy karkas, is so iemand tot die aand toe onrein. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees; |
| Afrikaans 1983 | “As enige dier wat julle wel mag eet, vrek, is iemand wat aan die karkas raak, die res van die dag onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Wanneer enige van die diere wat julle mag eet, vrek, sal iemand wat aan die karkas raak, onrein wees tot die aand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “As een van die diere wat julle mag eet, doodgaan, en iemand raak miskien aan die dooie dier, dan sal hy onrein wees tot die aand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand aan die karkas raak van een van die diere wat julle wel mag eet, mag daardie persoon vir die res van die dag nie naby my tent kom nie. |