Leviticus 11:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as daar water op die saad gegooi word en enige deel van hulle aas daarop val, sal dit vir julle onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As die saad egter nat is wanneer ’n dooie diertjie daarop val, is die saad onrein.
Afrikaans 1933/1953 Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.
Afrikaans 1983 As dit egter gebeur wanneer die saad in water lê om te week, is dit onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar wanneer water op saad gegooi word en van hulle karkasse val dan daarop, is die saad vir julle onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as iemand water op die saad gooi en 'n dooie diertjie val daarop, dan sal die saad onrein wees vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit egter in saad beland wat reeds natgegooi is om gesaai te word, is daardie saad nie langer vir julle bruikbaar nie.