Leviticus 11:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar 'n fontein of put waarin daar baie water is, sal rein wees; maar wat aan hulle aas raak, sal onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As so ’n dooie diertjie egter in ’n fontein of opgaardam val, is die water nog steeds rein. Maar enige persoon wat die dooie diertjie wegvat, is onrein. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | 'n Fontein of opgaardam is wel nie onrein as so 'n dooie diertjie daarin val nie, maar iemand wat aan die diertjie raak, is onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Fontein of ondergrondse opgaarplek vir water sal egter rein wees, maar iemand wat aan karkasse daarin raak, sal onrein wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n dooie diertjie in 'n fontein of 'n watergat val en iemand raak aan die dooie diertjie, dan sal die persoon onrein wees, maar die water sal rein wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die diertjie in ’n fontein of waterbak beland, bly die houer bruikbaar, maar die persoon wat dit daar uithaal, word besoedel. |