Leviticus 11:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En alles waarop 'n deel van hulle aas val, sal onrein wees; of dit oond of panne vir potte is, hulle moet afgebreek word, want hulle is onrein en sal vir julle onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Enigiets waarop so ’n dooie diertjie val, is onrein. As dit ’n kleioond of kookpot is, moet dit stukkend gebreek word. Dit het vir julle onrein geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; 'n bakoond of 'n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees. |
| Afrikaans 1983 | Enigiets waarop een so 'n dooie diertjie val, is onrein. 'n Kleioond of kleikookplek moet in so 'n geval afgebreek word; dit het onrein geword, en julle moet dit as onrein beskou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Enigiets waarop een van hulle karkasse val, sal onrein wees. 'n Kleioond of 'n dubbele kookplek van klei moet afgebreek word. Dit is onrein en dit moet ook vir julle beslis onrein wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die diertjies se dooie liggame op enige iets val, dan sal dit alles onrein wees. As dit op 'n oond of op 'n kookplek val, dan moet julle die oond of kookplek stukkend slaan. Dit is onrein en dit sal vir julle onrein bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Enigiets anders waarin dooie diere uit hierdie groep beland, sal onbruikbaar word. As dit ’n kleioond of kookplek is, moet dit afgebreek word. Dit het besoedel geraak en kan nie langer gebruik word nie. |