Leviticus 11:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van al die vleis wat geëet mag word, wat op sulke water kom, sal onrein wees; en al die drank wat in so 'n voorwerp gedrink mag word, sal onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As die water wat gebruik word om ’n onrein voorwerp skoon te maak, aan enige kos raak, is al daardie kos onrein. Enige vloeistof in so ’n onrein houer is ook onrein.
Afrikaans 1933/1953 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
Afrikaans 1983 want enige kos waarby water uit so 'n pot gegooi is, is onrein, en enige vloeistof uit so 'n pot is onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Enige kos wat nog geëet kan word en waarop water uit so 'n pot gegooi word, is onrein. Ook enige vloeistof in so 'n pot, wat gedrink kan word, is onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As daar water in die kleipot was en die water kom op kos, dan sal die kos onrein wees. As daar iets in die kruik was wat 'n mens kan drink, dan sal dit onrein wees
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want enige kos waarby water uit daardie pot kom, sal onbruikbaar wees en enige drinkgoed wat in daardie pot beland, sal bederf wees.