Leviticus 11:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En alles wat een van hulle op val as hulle dood is, dit sal onrein wees; of dit 'n voorwerp van hout of klere of vel of sak is, watter voorwerp dit ook al is, waarin enige werk gedoen word, dit moet in die water gegooi word, en dit moet tot die aand toe onrein wees; so sal dit gereinig word.
Afrikaans (NLV) 2011 As so ’n dier vrek en op iets val, dan is dit ook onrein, ongeag waarvoor dit gebruik word. Dit geld vir enigiets wat van hout, lap, leer of growwe linne gemaak is. Dit moet in water gedompel word, en sal tot die aand toe onrein bly. Daarna is dit rein en mag dit weer gebruik word.
Afrikaans 1933/1953 En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
Afrikaans 1983 Enigiets waarop so 'n dooie diertjie val, is ook onrein. Dit geld vir enige gebruiksartikel van hout, lap, leer of growwe linne, enige gewone gebruiksartikel. Dit moet in water gedruk word, maar is nog vir die res van die dag onrein. Eers daarna is dit rein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Enigiets waarop een van hulle wat dood is, val, sal onrein wees: Dit geld vir enige gebruiksartikel van hout, materiaal, leer of geweefde bokhaar, of vir enigiets wat daagliks gebruik word. Dit moet in water gedompel word en sal onrein wees tot die aand, maar is daarna weer rein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer een van hierdie diertjies se dooie liggaam op iets val, dan sal dit onrein wees. Dit is miskien iets van hout of lap of vel of growwe materiaal, of enige iets wat mense gebruik. Julle moet dit in water druk, en dit sal onrein wees tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enigiets waarop een van hulle beland wanneer dit doodgaan, kan nie verder gebruik word nie, of dit nou iets is wat van hout gemaak is, van linne, leer of sakmateriaal. As die voorwerp van een van hierdie dinge gemaak is, moet dit met water afgewas word. Dit sal vir die res van die dag onbruikbaar wees, maar op die volgende dag weer reg om te gebruik.