Leviticus 11:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is vir julle onrein onder al die kruipende diere: elkeen wat daaraan raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Al hierdie klein diertjies is vir julle onrein. As jy aan so ’n diertjie raak as hy dood is, is jy onrein tot die aand toe.
Afrikaans 1933/1953 Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans 1983 Dit is onrein diertjies en elkeen wat aan so 'n diertjie raak as hy dood is, is die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onder al die kruipende diere is hierdie diere vir julle onrein. Elkeen wat raak aan een van hulle wat dood is, sal tot die aand onrein wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle is die onrein klein diertjies. Iemand wat aan een van hierdie diertjies se dooie liggaam raak, sal onrein wees tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie een van hulle is reg nie. Iemand wat aan hulle raak as hulle dood is, moet van my tent af wegbly tot die aand toe.