Leviticus 11:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En alles wat op sy pote loop, onder al die diere wat op al vier loop, dié is vir julle onrein; wie aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Alle viervoetige diere wat pote het, is onrein vir julle. As jy aan die karkas van so ’n dier raak, is jy onrein tot die aand toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | Verder is alle viervoetige wilde diere wat nie hoewe het nie, onrein. As iemand aan die karkas van so 'n dier raak, is hy onrein vir die res van die dag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook al die viervoetige diere wat op sagte pote loop, is vir julle beslis onrein. Elkeen wat aan hulle karkasse raak, sal tot die aand onrein wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Dier wat nie kloue het nie, is onrein vir julle, en iemand wat raak aan die dooie liggaam van so 'n dier, sal onrein wees tot die aand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet wegbly van alle viervoetige wilde diere wat nie kloue het nie. Enigiemand wat aan een van hulle karkasse raak, moet vir die res van die dag van my tent af wegbly. |