Leviticus 11:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die lyke van al die diere wat die kloue verdeel en nie gesplete is nie en nie herkou nie, is vir julle onrein; elkeen wat daaraan raak, sal onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die onrein diere is dié met ’n gesplete hoef, maar wat nie volledig gesplete is nie of wat nie herkou nie. As jy aan die karkas van so ’n dier raak, is jy onrein tot die aand toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | Dit is alle mak diere waarvan die pote nie volledig gesplete is nie en wat nie ook herkou nie. Dit is onrein diere, en elkeen wat aan die karkas van so 'n dier raak, is onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die karkas van enige dier wat nie volledig gesplete hoewe het of wat nie herkou nie, is beslis vir julle onrein. Elkeen wat daaraan raak, sal onrein wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “'n Dier wat nie herkou nie en wat hoewe het wat nie heeltemal gesplete is nie, sal julle onrein laat word. Iemand wat aan hierdie diere raak, sal onrein wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die diere in hierdie groep is enige dier wat nie duidelik gesplete hoewe het nie en wat nie herkou nie. Julle mag hulle nie eet nie. Niemand wat aan hulle vat, moet naby My kom nie. |