Leviticus 11:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat iets van hulle aas dra, moet sy klere was en tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy die karkas van so ’n onrein dier moet verwyder, moet jy dadelik jou klere was en sal jy tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans 1933/1953 en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees
Afrikaans 1983 As iemand die karkas van so 'n dier gedra het, moet hy sy klere was, maar hy is vir die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en enigiemand wat 'n stuk van die karkas gedra het, moet sy klere was en sal tot die aand onrein wees:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat die dooie liggaam van so 'n diertjie optel, moet sy klere was. Hy sal onrein wees tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand aan enigeen van hierdie diere se karkasse moet vat, moet hy sy klere gaan was. Hy mag vir die res van die dag nie naby my tent kom nie.