Leviticus 11:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar al die ander vlieënde kruipende diere wat vier voete het, sal vir julle 'n gruwel wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Alle ander insekte met vlerke wat loop of kruip, is verbode vir julle.
Afrikaans 1933/1953 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het 'n gruwel is hulle vir julle.
Afrikaans 1983 Alle ander insekte wat vlerke het en op pote loop, is vir julle verbode.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alle ander insekte met vlerke en vier pote is egter beslis vir julle afstootlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie raak aan die ander diertjies wat vlerke en pote het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enige ander ding met vlerke wat in swerms voorkom en wat kruip, is egter vir julle verbode.