Leviticus 11:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit mag julle eet van al die kruipende diere wat op al vier loop, wat bene bo hulle voete het, om mee op die aarde te spring;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle mag wel dié met vlerke eet wat met hulle agterpote spring.
Afrikaans 1933/1953 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
Afrikaans 1983 Julle mag egter dié eet waarvan die pote so is dat hulle kan spring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar van dié met vlerke en vier pote mag julle egter wel dié eet wat gelede pote het om op die grond mee te spring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle mag eet van die klein diertjies wat vlerke en pote het, as die diertjies kan spring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié wat pote het en daarmee kan spring, mag julle egter wel eet.