Leviticus 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is hulle wat julle as gruwel onder die voëls sal hê; hulle mag nie geëet word nie, hulle is 'n gruwel: die arend en die ossifrad en die visarend, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is die voëls wat julle nooit mag eet nie omdat hulle afskuwelik is vir julle: die arend, die aasvoël, die visvalk, |
| Afrikaans 1933/1953 | En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; |
| Afrikaans 1983 | “In die geval van diere met vlerke is die volgende soorte verbode en hulle mag dus nie geëet word nie: arende, lammervangers en visarende; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Die volgende diere met vlerke moet vir julle afstootlik wees en julle mag dit nie eet nie, hulle is beslis afstootlik: “ ‘gewone arende, breëkop-arende; swartaasvoëls, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [13-19] “Julle mag nie van hierdie voëls eet nie, julle moenie aan hulle raak nie: arende, aasvoëls, vis-arende, valke, kraaie, volstruise, seemeeue, uile, pelikane, visvangers, duikers, ooievaars, reiers en hoep-hoepe. Julle mag ook nie vlermuise eet nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Van die voëls in die lug wat verbied word, waarvan julle nie mag eet nie, is daar die arend, die lammervanger, die visarend, |