Leviticus 11:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En almal wat nie vinne en skubbe het in die see en in die riviere nie, van alles wat in die water beweeg, en van al die lewende wesens wat in die water is, hulle sal vir julle 'n gruwel wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Seediere wat nie beide vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie. Julle moet hulle verafsku.
Afrikaans 1933/1953 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is 'n gruwel is dit vir julle.
Afrikaans 1983 Maar enige ding wat in die water lewe en nie vinne en skubbe het nie, is vir julle verbode.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar alles in die oseane of in waterstrome wat nie vinne of skubbe het nie – van alles wat krioel in water en van enige lewende wese wat in water hou – dit moet vir julle beslis afstootlik wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die diere wat in die see en in die riviere is, nie vinne en skubbe het nie, dan mag julle niks eet van hulle nie, niks van al die baie klein diertjies wat in die water lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enige dier in die see of in die riviere wat nie vinne of skubbe het nie, moet julle vermy.