Leviticus 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy en jou seuns saam met jou, as julle in die tent van samekoms ingaan, sodat julle nie sterwe nie; dit sal 'n ewige insetting wees vir julle geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy en jou seuns mag nooit wyn of enige ander alkoholiese drank drink voordat julle in die tent van ontmoeting ingaan nie. As julle dit doen, sal julle sterf. Hierdie is ’n permanente reëling vir jou en moet ook deur toekomstige geslagte nagekom word.
Afrikaans 1933/1953 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige insetting is dit vir julle geslagte;
Afrikaans 1983 “Jy en jou seuns mag geen wyn of bier drink wanneer julle moet gaan diens doen in die tent van ontmoeting nie, want dan sal julle sterwe. Dit is 'n vaste voorskrif, ook vir julle nageslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wyn en sterk drank moet jy nie drink nie, nie jy of jou seuns by jou wanneer julle in die Tent van Ontmoeting ingaan nie, sodat julle nie sterf nie. Dit is 'n voorskrif wat altyd vir julle nageslag geld,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy en jou seuns mag nie wyn of bier drink wanneer julle na die tent kom waar Ek aan die Israeliete verskyn nie. As julle dit doen, dan sal julle sterf. Julle en julle nageslag mag dit nooit doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nie jy en ook nie jou seuns mag enige wyn of ander sterk drank drink wanneer julle in die tent van die Here moet gaan werk nie, want dan sal julle sterf. Dit is ’n reël wat nooit verander kan word nie.