Leviticus 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle mag by die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, sodat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gedoen volgens die woord van Moses.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar julle mag glad nie die ingang van die tent van ontmoeting verlaat nie. Julle sal met die dood gestraf word as julle dit doen, want die Here se salfolie is op julle.” Hulle het gemaak soos Moses gesê het.
Afrikaans 1933/1953 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
Afrikaans 1983 Julle mag ook glad nie van die ingang van die tent van ontmoeting af weggaan nie. As julle dit doen, sal julle sterwe, want die salfolie van die Here het julle aan Hom gewy.” Hulle het toe gemaak soos Moses gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By die ingang van die •Tent van Ontmoeting mag julle nie uitgaan nie, sodat julle nie sterf nie; want die salfolie van die Here is aan julle.” Hulle het toe gemaak soos Moses gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag ook nie weggaan van die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn nie, want die salf-olie van die Here is op julle.” Aäron en sy seuns het gedoen soos Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle mag ook nie weggaan van die ingang van die tent van ontmoeting af nie, want julle sal miskien doodgaan. Julle is tog die Here se dienaars wat vir Hom afgesonder is.” Hulle het toe gemaak soos Moses gesê het.