Leviticus 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir Aäron en aan sy seuns Eleasar en Itamar: Moenie julle koppe ontbloot en julle klere nie skeur nie; dat julle nie sterwe en nie toorn oor die hele volk kom nie; maar laat julle broers, die hele huis van Israel, ween oor die brand wat die HERE aangesteek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses sê toe vir Aäron en sy seuns Eleasar en Itamar: “Moenie rou deur julle hare los te laat hang of deur julle klere te skeur nie. As julle dit doen, sal julle sterf en sal die Here kwaad word vir die hele gemeenskap van Israel. Die res van die Israeliete, julle familielede, mag egter rou oor Nadab en Abihu wat die Here met vuur verteer het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Ele sar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.
Afrikaans 1983 Moses het Aäron en sy twee seuns Eleasar en Itamar beveel: “Moenie rou deur julle hare onversorg te laat en julle klere te skeur nie. As julle rou, sal julle sterwe, en sal die Here toornig wees op die hele gemeente. Maar julle volksgenote, al die Israeliete, mag rou oor hierdie vuurdood wat van die Here gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het vir Aäron en sy seuns Eleasar en Itamar gesê: “Moenie julle hare laat loshang nie en moenie julle klere skeur nie, anders sterf julle en word die Here vertoornd vir die hele volksvergadering. Maar julle broers, die hele huis van Israel, mag treur oor die brand wat die Here laat ontvlam het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Moses vir Aäron en sy ander seuns Eleasar en Itamar gesê: “Julle moenie julle hare deurmekaar laat bly en julle moenie julle klere skeur om te wys dat julle rou nie, want as julle dit doen, dan sal julle sterf, en die Here sal kwaad wees vir al die Israeliete. Die ander priesters en al die Israeliete mag huil omdat die Here vir Nadab en Abihu laat verbrand het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe vir Aäron en sy twee seuns Eleasar en Itamar gesê: “Julle moenie treur en julle hare los laat hang en julle klere skeur nie. Julle is aan die Here se diens toegewy en Hy kan julle ook laat doodgaan as julle so maak. Hy kan selfs in woede uitbars oor almal in die kamp. Al die ander Israeliete moet egter treur oor die vuur wat die Here laat losbreek het.