Leviticus 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe nader gegaan en hulle in hul klere uit die laer gedra; soos Moses gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het na vore gekom en hulle in hulle priesterklere weggedra na ’n plek buite die kamp soos Moses beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe nader gegaan en die dooies in hulle ampsklere uitgedra na 'n plek buite die kamp soos Moses gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het nader gekom en hulle in hulle priesterrokke na buitekant die kamp gedra soos Moses gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Misael en Elsafan het gekom en hulle het vir Nadab en Abihu uit die kamp gedra, soos Moses gesê het. Nadab en Abihu het nog hulle rokke aangehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe gegaan en die mans se lyke wat nog in hulle spesiale klere vir hulle dienswerk was, uit die kamp uit weggevat soos Moses gevra het hulle moet doen. |