Leviticus 10:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het Misael en Elsafan, die seuns van Ussiël, die oom van Aäron, geroep en vir hulle gesê: Kom nader, dra julle broers voor die heiligdom uit die laer uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe vir Misael en Elisafan, twee neefs van Aäron, die seuns van Aäron se oom Ussiël, geroep en gesê: “Kom en dra die liggame van julle familielede weg van die heiligdom na ’n plek buite die kamp.”
Afrikaans 1933/1953 En Moses het M¡sael en lsafan, die seuns van Uss¡ël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.
Afrikaans 1983 Moses het daarna vir Misael en Elisafan, seuns van Aäron se oom Ussiël, geroep en vir hulle gesê: “Gaan nader en vat julle familielede weg voor die heiligdom en dra hulle uit die kamp uit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het Misael en Elisafan, die seuns van Ussiël, die broer van Aäron se vader, geroep en vir hulle gesê: “Kom nader, dra julle medepriesters weg hier voor die heiligdom na buite die kamp.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Misael en Elsafan was die seuns van Aäron se broer Ussiël. Moses het hulle geroep en hy het vir hulle gesê: “Kom hier, dra julle neefs weg voor die tempel-tent, neem hulle uit na buite die kamp.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe vir Misael en Elisafan, die twee seuns van Aäron se oom Ussiël, laat kom. Hy het vir hulle gesê: “Gaan haal julle neefs se lyke daar by die tent en vat dit weg na ’n plek buite die kamp.”