Leviticus 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: Ek sal geheilig word in die wat naby My kom, en voor die hele volk sal Ek verheerlik word. En Aäron het stilgebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses sê toe vir Aäron: “Dit is wat die Here bedoel het toe Hy gesê het: Wie tot My nader, moet besef Ek is heilig. Ek word geëer voor die hele volk.” Aäron het net stilgebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Moses vir Aäron: “Die Here het gesê: Wie 'n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” Aäron was sprakeloos. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Moses vir Aäron: “Dit is wat die Here bedoel het toe Hy gesê het, “ ‘Deur diegene wat naby My is, moet Ek as heilig erken word; ten aanskoue van die hele volk moet Ek geëer word.’ ” Aäron het net geswyg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het vir Aäron gesê: “Dit is wat die woorde van die Here beteken het toe hy gesê het: “Die mense wat vir My offers bring, moet weet dat Ek 'n heilige God is, die hele volk moet sien dat Ek die Koning is.” Aäron het stilgebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses sê toe vir Aäron: “Dit is wat die Here bedoel het toe Hy gesê het: Hulle wat vir My offer, moet onthou hoe geweldig groot Ek is. Die hele volk moet My met groot respek behandel.” Aäron het nie daarop geantwoord nie. |