Leviticus 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het vuur van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Vuur het van die Here afgekom en hulle verbrand en hulle is daar voor die Here dood.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 'n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vuur het van voor die Here uitgegaan en hulle verteer, sodat hulle daar voor die Here gesterf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het toe vuur van die altaar gekom en dit het die twee seuns van Aäron verbrand. Hulle het daar voor die Here gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het toe ’n vuur van die Here self af gekom en hulle daar voor die Here doodgebrand.