Leviticus 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom het julle nie die sondoffer in die heiligdom geëet nie, aangesien dit hoogheilig is, en God dit aan julle gegee het om die ongeregtigheid van die vergadering te dra, om vir hulle versoening te doen voor die aangesig van die HERE?
Afrikaans (NLV) 2011 “Waarom het julle nie die sonde-offer in die heilige gebied geëet nie?” wou hy weet. “Dit is immers ’n heilige offer! Dit is bedoel om die skuld van die gemeenskap weg te neem en om versoening vir die volk voor die Here te bewerk.
Afrikaans 1933/1953 Waarom het julle die sondoffer nie op 'n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 “Waarom het julle nie die sondeoffer op 'n gewyde plek geëet nie? Dit is 'n besondere gewyde gawe en die Here het dit aan julle gegee om die sonde van die gemeente weg te neem; dit is bedoel om vir hulle by die Here versoening te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Waarom het julle nie die •reinigingsoffer op 'n heilige plek geëet nie? Dit is tog besonder heilig! Dit is aan julle gegee om die skuld van die volksvergadering weg te neem deur vir hulle voor die Here versoening te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moes die sonde-offer in die gewyde plek geëet het. Hoekom het julle dit nie daar geëet nie? Want dit is hoog-gewyd, en die Here het dit vir julle gegee om die sonde van die volk weg te neem en om vir hulle versoening te doen voor die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hoekom het julle nie julle deel van die offer in die tent kom eet nie? Dit is mos iets wat net hier geëet mag word. Die Here het dit vir julle gegee om die skuld van die gemeenskap weg te neem en om hulle vrede te laat vind met die Here.