Leviticus 10:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het die sondofferbok ywerig gesoek, en kyk, dit was verbrand, en hy was kwaad vir Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron wat in die lewe oorgebly het, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Moses navraag doen om te weet wat met die sonde-offerbok gebeur het, het hy ontdek dat dit verbrand is. Hy het baie kwaad geword vir die twee oorblywende seuns van Aäron, Eleasar en Itamar.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Ele sar en Itamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê:
Afrikaans 1983 Toe Moses op 'n keer navraag doen oor die sondeofferbok en hy uitvind dat dit verbrand is, was hy kwaad vir Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron wat nog gelewe het. Hy vra toe:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het oral na die reinigingsbok gesoek, maar kyk, dit was verbrand! Hy het hom bloedig vererg vir Eleasar en Itamar, Aäron se oorblywende seuns en het gesê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Moses vra waar die bok is wat 'n sonde-offer moes wees, was dit al klaar verbrand. Moses was kwaad vir Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron wat nog gelewe het. Moses het gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het op ’n keer begin soek waar die bok is wat vir die offer geslag moet word. Op daardie stadium was dit egter alreeds geslag en alles op die altaar verbrand. Hy het toe in woede uitgebars teen Aäron se twee seuns wat oor was, Eleasar en Itamar, en vir hulle gesê: