Leviticus 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hefskouer en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die vet bring om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal joue en jou seuns by jou wees volgens 'n ewige insetting; soos die HERE beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die boud en die bors wat opgelig is, moet saam met die vet van die vuuroffer opgelig word vir die Here. Dit sal vir altyd aan jou en jou nageslag behoort, net soos die Here beveel het.”
Afrikaans 1933/1953 Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.
Afrikaans 1983 Die Israeliete moet die boud uit die offergawe en die borsstuk wat as beweegoffer vir die Here aangebied is, bring wanneer hulle die vetdele bring wat vir die vuuroffer bedoel is. Hulle moet dit as beweegoffers aan die Here aanbied. Daarna kry julle dit. Die Here het beveel dat dit 'n vaste voorskrif moet wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die boud as 'n wydingsgeskenk en die borsstuk as 'n gewyde gawe bo-op die offergawes van die stukke vet moet hulle in die heiligdom inneem om dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer te beweeg. Dit is die deel wat jy en jou kinders saam met jou altyd moet kry, soos die Here beveel het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet die boud wat 'n present is en die bors van die beweeg-offer bring saam met die vet vir die vuur-offer en hulle moet dit beweeg voor die Here om 'n beweeg-offer te wees. Dit is die deel wat jy en jou seuns altyd moet kry, soos die Here gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete moet die boud en die bors wat aan die Here opgedra word, saambring wanneer hulle die stukke vet van die offer vir die Here kom aanbied. Dit moet dan vir jou en jou seuns gegee word om te eet. Die Here het beveel dat dit ’n reëling tussen julle sal wees wat nooit kan verander nie.”