Leviticus 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die beweegbors en die beweegskouer moet julle op 'n rein plek eet; jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want dit kom jou toe en jou seuns wat gegee word uit die dankoffers van die kinders van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die borsstuk en die boud wat vir die Here opgelig is, mag op enige plek wat rein is, geëet word. Dit is vir jou en jou seuns en dogters gegee as julle gereelde deel van die maaltydoffers wat die volk Israel vir die Here bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op 'n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee. |
| Afrikaans 1983 | Maar die borsstuk van die beweegoffer en die boud uit die offergawe mag julle en julle familie op enige rein plek eet, want dit is die deel wat julle en julle familie toekom uit die maaltydoffers van die Israeliete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die borsstuk wat 'n gewyde gawe is, en die boud wat 'n •wydingsgeskenk is, moet julle op 'n rein plek eet – jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want dit is gegee as jou en jou kinders se deel uit die •maaltydoffers van die Israeliete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag die bors-stuk van die beweeg-offer kry en ook die boud wat 'n present is, julle moet dit eet op 'n rein plek, jy en jou seuns en jou dogters. Dit is die deel wat julle kry van die ete-offers van die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die bors en die boud van die offer wat vir die Here gebring is, kan jy en jou seuns en jou dogters saam met jou op enige plek eet wat vir die dienaars van God se tent en vir hulle gesinne eenkant gesit is. Dit is die deel van die offer wat Israel saam met die Here eet wat aan jou en jou seuns afgestaan word. |