Leviticus 10:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet dit in die heiligdom eet, omdat dit aan jou en jou seuns toekom, van die vuuroffers van die HERE; want so is my beveel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit moet in ’n heilige plek geëet word, want dit is vir julle en julle nageslag gegee as julle regmatige deel van die vuuroffers aan die Here. Dit is die bevele wat aan my gegee is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom moet julle dit op 'n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; want so is aan my bevel gegee. |
| Afrikaans 1983 | moet julle dit op 'n gewyde plek eet. Volgens die bevel wat ek ontvang het, is dit julle deel uit die vuuroffer wat aan die Here gebring word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet dit op 'n heilige plek eet, want dit is jou en jou seuns se deel uit die offergawes aan die Here; ja, so is ek beveel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en julle moet dit eet op 'n gewyde plek. Dit is die deel wat jy en jou seuns kry van die vuur-offers vir die Here, soos ek gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet dit ook net eet in ’n plek wat daarvoor eenkant gesit is. Dit is jou en jou seuns se besondere deel van die offers wat vir die Here op die altaar gebring word. Dit is ook die opdrag wat die Here vir my gegee het. |