Leviticus 10:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het met Aäron en met Eleasar en met Itamar, sy seuns wat oorgebly het, gespreek: Neem die spysoffer wat oorbly van die vuuroffers van die HERE, en eet dit sonder suurdeeg by die altaar, want dit is hoogheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het vir Aäron en sy twee oorblywende seuns, Eleasar en Itamar, gesê: “Neem van die graanoffer wat oor is nadat die hand vol vir die Here gebring is met ’n vuuroffer. Sorg dat daar nie suurdeeg in is nie en eet dit daar langs die altaar, want dit is baie heilig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Ele sar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig. |
| Afrikaans 1983 | Moses het vir Aäron en sy twee seuns wat nog gelewe het, Eleasar en Itamar, gesê: “Vat die graanoffer wat oorgebly het nadat die vuuroffer aan die Here gebring is, en eet dit by die altaar. Daar mag nie suurdeeg by kom nie. Omdat dit 'n besondere gewyde gawe is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het vir Aäron en sy oorblywende seuns, Eleasar en Itamar, gesê: “Neem die •graanoffer wat oor is van die offergawes aan die Here en eet dit so ongesuurd langs die altaar, want dit is besonder heilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron het twee seuns gehad wat nog gelewe het, hulle name was Eleasar en Itamar. Moses het vir Aäron en sy twee seuns gesê: “Julle moet die koring-offer neem wat oorgebly het van die vuur-offers vir die Here, en julle moet dit langs die altaar eet, want dit is hoog-gewyd. Daar moenie suurdeeg in die brood van die koring-offer wees nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het vir Aäron en sy twee seuns wat nog oor was, Eleasar en Itamar, gesê: “Nadat julle die offer wat met vuur verbrand word, vir die Here gebring het, mag julle die deel van die offer uit die graan wat nie verbrand is nie, vir julleself vat om te eet. Julle moet dit sonder enige suurdeeg net daar by die altaar eet. Dit word heeltemal eenkant gehou vir die diens van die Here en vir sy dienaars wat by die tent die offer bring. |