Leviticus 10:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Nadab en Abíhu, die seuns van Aäron, het een van hulle sy wierookpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aäron se seuns Nadab en Abihu het gloeiende kole in hulle vuurpanne gesit en wierook daaroor gesprinkel. Op dié manier was hulle ongehoorsaam aan die Here omdat hulle ’n ander soort vuur voor Hom gebrand het as wat die Here beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die seuns van Aäron, Nadab en Ab¡hu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. |
| Afrikaans 1983 | Nadab en Abihu, seuns van Aäron, het elkeen sy vuurpan gevat en gloeiende kole daarin gesit. Hulle het wierook daaroor gegooi en dit vir die Here aangebied. Dit was egter ongeoorloofde vuur omdat dit teen die bevel van die Here was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadab en Abihu, die seuns van Aäron, het elkeen sy vuurpan gevat, gloeiende kole daarin gesit en reukwerk daarop gegooi. Toe het hulle hierdie ongeoorloofde vuur voor die Here nadergebring – wat nie volgens sy bevel was nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron se seuns Nadab en Abihu het hulle wierook-panne geneem. Elkeen het sy wierook-pan vol vuurkole gemaak en hy het wierook bo-op gesit, en toe het hulle dit na die altaar gebring. Maar die Here het nie gesê hulle moet daardie vuur gebruik nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aäron se twee seuns, Nadab en Abihu, het elkeen ’n houer gevat waarin vuur rondgedra word en warm kole daarin gesit. Hulle het geurige wierook wat fyngemaal was, oor die kole gestrooi en dit toe vir die Here geoffer. Dit was egter ’n offer wat in die vuur verbrand word wat nie volgens die aanwysings was wat die Here vir hulle voorgeskryf het nie. |