Lamentations 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons het ons brood met die gevaar van ons lewe ingeneem vanweë die swaard van die woestyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons loop die risiko om doodgemaak te word wanneer ons in die wildernis kos bymekaarmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn. |
| Afrikaans 1983 | Met lewensgevaar moet ons vir ons gaan kos haal, want in die veld word ons doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In lewensgevaar verkry ons ons brood, weens die swaard in die woestyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ons kos soek in die woestyn, dan wag hulle daar om ons dood te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer ons kos in die veld gaan bymekaarmaak, loop ons die risiko dat ons doodgemaak kan word. |