Lamentations 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons vaders het gesondig en is nie; en ons het hulle ongeregtighede gedra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons voorouers het sonde gedoen, maar hulle is nou al dood. En nou moet ons daarvoor betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en ons dra hulle ongeregtighede. |
| Afrikaans 1983 | Ons vaders het gesondig, maar hulle is nie meer daar nie, ons word gestraf vir hulle sondes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons voorouers het gesondig; hulle is nie meer daar nie, maar ons dra hulle skuld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was ons voorvaders wat sonde gedoen het. Maar hulle is almal dood, en nou is dit óns wat moet swaarkry oor wat húlle verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is ons voorouers wat die sonde gedoen het waarvoor ons moet betaal noudat hulle reeds lankal dood is. |