Lamentations 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wat deur die swaard gedood word, is beter as die wat van die honger gedood is: want hierdie ontgrendel hulle, verslaan deur gebrek aan die vrugte van die veld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle wat doodgemaak is in die oorlog, is baie beter daaraan toe as hulle wat moet doodgaan van honger. Hulle lewe kwyn weg omdat daar niks is om te eet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tet. Die wat deur die swaard verslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger verslaan is, wat, deurboor, vergaan het uit gebrek aan veldvrugte. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat deur die swaard doodgemaak is, is beter daaraan toe as dié wat van honger omkom, wat wegkwyn en sterwe omdat die lande geen opbrengs het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle wat deur die swaard getref word, is beter daaraan toe as hulle wat deur hongersnood getref word, ja, hulle wat wegkwyn, wat ly vanweë die gebrek aan opbrengs van die landerye. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het beter gegaan met mense wat gesterf het in die oorlog, beter as met die mense wat sterf van honger. Die mense het stadig gesterf omdat hulle niks koring afgesny het om te eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was makliker vir dié wat in die oorlog doodgemaak is as vir hulle wat van honger moet doodgaan. Hulle gaan agteruit en gaan stadig dood omdat daar niks is om te eet nie. |