Lamentations 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Haar Nasireërs was suiwerder as sneeu, hulle was witter as melk, hulle was rooieriger van liggaam as robyne, hulle polering was van saffier.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons leiers was blinker as sneeu, witter as melk en so mooi soos edelstene.
Afrikaans 1933/1953 Sajin. Haar vorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte 'n saffier.
Afrikaans 1983 Die leiers van Sion het meer glans gehad as sneeu, hulle was witter as melk, blakend gesond van kleur, mooi van voorkoms.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vorste van Sion was helderder as sneeu en witter as melk; hulle liggame was rooier as koraal, hulle voorkoms soos •lasuursteen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers in Jerusalem was skoner as sneeu, witter as melk, hulle liggame was rooier as koraal, hulle was so mooi soos saffier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jerusalem se leiers het mooi gelyk. Hulle klere was helderder as sneeu, witter as melk. Hulle was blakend gesond.