Lamentations 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die straf van die ongeregtigheid van die dogter van my volk is groter as die straf van die sonde van Sodom, wat omvergewerp is soos in 'n oomblik, en geen hande het op haar gebly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 My volk se skuld is groter as dié van Sodom, wat in ’n oomblik vernietig is sonder dat iemand kon keer.
Afrikaans 1933/1953 Wau. Want die ongeregtigheid van die dogter van my volk was groter as die sonde van Sodom wat soos in 'n oomblik omgekeer is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.
Afrikaans 1983 Die sonde van my volk is groter as dié van Sodom wat in 'n oomblik vernietig is sonder dat mense daar 'n hand teen uitgesteek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die skuld van die dogter van my volk was erger as die sondes van Sodom – Sodom, wat in 'n oogwink vernietig is, sonder menslike toedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My volk het meer sonde gedoen as die mense van die stad Sodom. Die Here het Sodom baie vinnig verwoes, en niemand het sy hand uitgesteek om hulle te help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het Sodom in een oomblik verwoes oor sy sonde. My volk se sonde is baie groter as Sodom se sonde.